Afrikaans » Engels UK   In die hotel – klagtes


28 [agt en twintig]

In die hotel – klagtes

-

+ 28 [twenty-eight]

+ In the hotel – Complaints

28 [agt en twintig]

In die hotel – klagtes

-

28 [twenty-eight]

In the hotel – Complaints

Klik om die teks te sien:   
AfrikaansEnglish UK
Die stort werk nie. Th- s----- i---- w------. +
Daar is geen warm water nie. Th--- i- n- w--- w----. +
Kan u dit laat regmaak? Ca- y-- g-- i- r-------? +
   
Daar is nie ’n telefoon in die kamer nie. Th--- i- n- t-------- i- t-- r---. +
Daar is nie ’n televisie in die kamer nie. Th--- i- n- T- i- t-- r---. +
Die kamer het nie ’n balkon nie. Th- r--- h-- n- b------. +
   
Die kamer is te lawaaierig. Th- r--- i- t-- n----. +
Die kamer is te klein. Th- r--- i- t-- s----. +
Die kamer is te donker. Th- r--- i- t-- d---. +
   
Die verhitting werk nie. Th- h----- i---- w------. +
Die lugverkoeler werk nie. Th- a--------------- i---- w------. +
Die televisie is gebreek. Th- T- i---- w------. +
   
Ek hou nie daarvan nie. I d---- l--- t---. +
Dit is te duur. Th---- t-- e--------. +
Het u iets goedkoper? Do y-- h--- a------- c------? +
   
Is daar ’n jeugherberg in die nabyheid? Is t---- a y---- h----- n-----? +
Is daar ’n gastehuis in die nabyheid? Is t---- a b------- h---- / a b-- a-- b-------- n-----? +
Is daar ’n restaurant in die nabyheid? Is t---- a r--------- n-----? +
   

Positiewe taal, negatiewe taal

Die meeste mense is optimiste of pessimiste. Maar dit kan ook vir tale geld! Wetenskaplikes ontleed gereeld die woordeskat van tale. So kom hulle dikwels met verstommende resultate vorendag. Engels het byvoorbeeld meer negatiewe as positiewe woorde. Daar is byna dubbel soveel woorde vir negatiewe emosies. In Westerse samelewings beïnvloed die woordeskat die sprekers. Daar kla mense taamlik dikwels. Hulle kritiseer ook baie dinge. Dus gebruik hulle taal wat oorwegend ’n meer negatiewe toon het. Maar negatiewe woorde is ook om ’n ander rede interessant. Hulle bevat meer inligting as positiewe woorde. Die rede is dalk in ons evolusie.

Dit was altyd vir alle lewende dinge belangrik om gevare raak te sien. Hulle moes vinnig op risiko’s reageer. Afgesien daarvan wou hulle ander teen gevare waarsku. Gevolglik was dit noodsaaklik dat die inligting baie vinnig oorgedra word. Soveel moontlik moes met so min woorde moontlik gesê word. Afgesien daarvan het negatiewe taal geen wesenlike voordele nie. Dit kan ’n mens jou maklik indink. Mense wat net negatief praat, is sekerlik nie baie gewild nie. Verder beïnvloed negatiewe taal ons emosies. Aan die ander kant kan positiewe taal ’n positiewe effek hê. Mense wat alles positief uitdruk, is meer suksesvol in hul loopbaan. Ons moet dus ons taal versigtiger gebruik. Want ons kies watter woordeskat ons gebruik. En deur ons taal skep ons ons werklikheid. So: praat positief!