Afrikaans » Engels UK   iets regverdig 1


75 [vyf en sewentig]

iets regverdig 1

-

+ 75 [seventy-five]

+ giving reasons 1

75 [vyf en sewentig]

iets regverdig 1

-

75 [seventy-five]

giving reasons 1

Klik om die teks te sien:   
AfrikaansEnglish UK
Waarom kom u nie? Wh- a----- y-- c-----? +
Die weer is so sleg. Th- w------ i- s- b--. +
Ek kom nie omdat die weer so sleg is. I a- n-- c----- b------ t-- w------ i- s- b--. +
   
Waarom kom hy nie? Wh- i---- h- c-----? +
Hy is nie uitgenooi nie. He i---- i------. +
Hy kom nie omdat hy nie uitgenooi is nie. He i---- c----- b------ h- i---- i------. +
   
Waarom kom jy nie? Wh- a----- y-- c-----? +
Ek het nie tyd nie. I h--- n- t---. +
Ek kom nie omdat ek nie tyd het nie. I a- n-- c----- b------ I h--- n- t---. +
   
Waarom bly jy nie? Wh- d---- y-- s---? +
Ek moet nog werk. I s---- h--- t- w---. +
Ek bly nie want ek moet nog werk. I a- n-- s------ b------ I s---- h--- t- w---. +
   
Waarom gaan u nou al? Wh- a-- y-- g---- a------? +
Ek is moeg. I a- t----. +
Ek gaan omdat ek moeg is. I’- g---- b------ I-- t----. +
   
Waarom ry u nou al? Wh- a-- y-- g---- a------? +
Dit is al laat. It i- a------ l---. +
Ek ry omdat dit al laat is. I’- g---- b------ i- i- a------ l---. +
   

Moedertaal = emosioneel, vreemde taal - rasioneel?

Wanneer ons vreemde tale leer, stimuleer ons die brein. Ons denke verander deur studie. Ons word meer skeppend en aanpasbaar. Ingewikkelde denke is ook vir meertalige mense makliker. Studie oefen die geheue. Hoe meer ons leer, hoe beter werk dit. Iemand wat baie tale geleer het, leer ook ander dinge vinniger. Hy kan langer aandagtig op ’n onderwerp konsentreer. Gevolglik kan hy probleme vinniger oplos. Veeltalige mense kan ook beter besluit. Maar hoe hulle besluit, hang van die tale af. Die taal waarin ons dink, beïnvloed ons besluite. Sielkundiges het verskeie proefkonyne vir ’n studie ondersoek.

Al die proefkonyne was tweetalig. Benewens hul moedertaal het hulle nog ’n taal gepraat. Die proefkonyne moes ’n vraag antwoord. Die vraag het met die oplossing van ’n probleem te doen gehad. In dié proses moes die proefkonyne tussen twee opsies kies. Een opsie was ’n aansienlik groter waagstuk as die ander. Die proefkonyne moes die vraag in albei tale antwoord. En die antwoorde het verander wanneer die taal verander het! Wanneer hulle hul moedertaal gepraat het, het die proefkonyne die waagstuk gekies. Maar in die vreemde taal het hulle op die veiliger opsie besluit. Na dié eksperiment moes die proefkonyne weddenskappe plaas. Hier was daar ook ’n duidelike verskil. Wanneer hulle ’n vreemde taal gebruik het, was hulle verstandiger. Die navorsers vermoed ons is meer gefokus in vreemde tale. Daarom neem ons rasionele eerder as emosionele besluite.